Hallo almal! My naam is Aqeela en ek is 18 jaar oud. Ek glo dat bloed beslis dikker as water is, maar dit kom met baie uitdagings! Hier is my storie.
Toe ek drie was het my gesin (ek, my ouers en my twee susters) na Namibia toe vertrek. Ek was nog te klein om dit te verstaan. Ons het elke December verkansie af gery om my hele familie, wie nogsteed hier bly, te kuier. Soos ek ouer geword het dit moeiliker geword om weer terug te gaan na die verkansie oor was. En hoekom? Want ek my familie verskriklik sal mis!
So jy kan jou voorstel hoe opgewonde ek was toe my ouers uituindelik besluit het om terug te trek! Natuurlik was ek hartseer om die lewe wat ek in die voorige gejaare opgebou het agter te los maar soos hulle se: Bloed is dikker as water!
Maar, soos julle almal weet, is daar politiek in elke familie en dis nes hoe dit is met my familie is. Hoe ek verwag my lewe hier in die Kaap sal wees, was glad nie hoe dinge uitgedraai het nie. Na drie jaare van hier bly, het ek uitgevind dat alhoewel bloed dikker as water is, smaak water beter!
My blog gaan oor stories van die laaste jare waar ek vas geglo het dat my familie skoon af van hulle koppe is! Maar ons los dit vir 'n ander dag.
Tot volgende keer :)