Monday, 24 June 2013


Vir my, was die blog nie so ‘n groot probleem  nie alhoewel ek soms gesukkel het. My blog was oor my familie en dit is nie baie moeilik om oor hulle te skryf nie omdat hulle so mal kan wees.  

Ek dink dat ek beter kon gedoen as ek dalk ‘n ander onderwerp gekies het want soms was dit moeilik om my onderwerp met die tema van die week te pas.. Ek moes soms lank en hard dink oor wat ek wou sê, soos by voorbeeld met die instruksies. Dit was die moeilikste van al want ek het glad nie geweet wat om oor te skryf nie! Ek het ook soms vergeet dat ek my “blog” moet laai maar gelukkig het ek alles in tyd in gekry.

Dit was baie pret om die blog aan die gang te kry. Ek het dit baie geniet om van al die verskillende  ontwerpe te kies. Ek het problem gehad met die font van my skryfstukke na ek die eerte een gelaai het maar ek hoop dit tel nie te veel teen my nie.

Op die ou einde het ek dit begin geniet maar ek twyfel dat ek aan sal gaan na hierdie laaste skrufstuk gelaai is. Die “blog” was pret en dit het beslis my Afrikaans verbeter. Ek hoop dat my stories interessant vir juffrou was en dat u dit darem geniet het.

Liefde, Aqeela

J

Sunday, 16 June 2013

Hoe doen ons dit?


Julle wonder seker hoe dit moontlik is dat ons nogsteeds so ‘n goeie familie is, alhoewel ons soveel probleme het. Dit is eintlik baie eenvoudig maar dit is moeilik om dit altyd toe te pas. In vier maklike stappe kan jy jou familie verander. Hier is dit:

·         Ons is altyd so besig dat ons nie altyd tyd vir mekaar het nie en dit is te verstane. Maar, dit sal ‘n groot verskil maak as jy net jou familie so nou en dan skakel. Hulle sal dit waardeer en in tyd sal hulle jou begin bel en so kan jy ‘n goeie verhouding met hulle hou.
 

·         Erken as jy verkerd is as jy weet dat jy ‘n vout gemaak het


·         Hou familie feeste  op 'n gereelde basis. En laaste...


·         Maak seker dat jou familie weet dat jy hulle baie lief het.


Meeste van die tyd doen ons nie die klien dinge wat saak maak en dit is hoekom ons in ‘n wêreld lewe waar families altyd uitmekaar val. Maar ons moet onthou dat as iets stukkend is, moet ons leer om dit reg te maak en nie om dit net weg te gooi nie.

Soos ek altyd sê, bloed is dikker as water!

Tot volgende keer J

Sunday, 9 June 2013


Ek het baie gemaklik in my kamer gesit toe ek die foon hoor lui. Met ‘n sug het ek opgestaan ek dit gaan antwoord. “Waar’s jou ma?” het ek my oudste tanie hoor skree. Ek net net daar geweet dat moelikheid sal volg!

Vir die meeste van daardie opreop, was my ma stil. Ek het net geweet dat dit oor een van my ander tannies gaan en dat ons foon nie sou ophou lui nie! Toe my ma afskakel, het sy met die storie begin.

Een van my niggies was swanger en hulle het die geslg van die baba gaan uitvind. Somige van hulle is bittelik teen dit en nou was die een suster kwaad vir die ander. En om dinger erger te maak, het die een suster nie die geslag vir die ander gesê. Ek kon nie ophou lag want ek vind dit snaaks dat sy kwaad is omdat hule die geslag van die baba uitgevind maar sy wou ook die geslag weet!

My ma het toe ‘n familie vergaardering gehad. Toe hulle by die huis aankom, het hull ver van mekaar gesit en nie ‘n word gesê nie. Toe het my ma begin praat en vir hulle gesê dat hulle kan nie laat sulke klein goed tussen hulle kom nie want hulle is susters! Na ‘n lank gestry, het hulle opgemaak.

Dit het ‘n ruk gevat om vir hulle te besef maar, bloed is dikker as water en ons moet altyd saam staan.

Tot volgende keer J

Saturday, 1 June 2013

My familie is gek!


Soos ek hier sit, kan ek die hoë noot gille van my gewoonlike kalm ma soos sy kla oor my “disfunksionele” tannie hoor. Ek wed jou R1000 dat my tannie dieseflde ding op hierdie oomlik doen. Ek kan my net voorstel hoe snaaks dit gaan wees as ons hieroor later praat, soos ons maar altyd doen.

 Ek kan my sterre dank dat my en my ongelooflike neefs nie die aaglige politiek geërf het nie. Al die voorige buitensporig funksies flicker voor my oë. Ek kan nie aan een dink waar daar geen nutteloose argumente was.

Maar, ten spyte van my familie se neiging om oor alles te kla, kan niks tussen ons kom nie! Onbelangrike sake word altyd uitgesorteer en dit is waneer ‘n mens kan rerig sien hoe veel ons vir mekaar omgee en lief het. Ons is dalk heeltemaal gek maar dit is hoekom dit so vermaak en lekker is om van my lawwe familie deel te wees.

Soos ek altyd sê: Bloed is dikker as water!

Tot volgende keer