Monday, 24 June 2013


Vir my, was die blog nie so ‘n groot probleem  nie alhoewel ek soms gesukkel het. My blog was oor my familie en dit is nie baie moeilik om oor hulle te skryf nie omdat hulle so mal kan wees.  

Ek dink dat ek beter kon gedoen as ek dalk ‘n ander onderwerp gekies het want soms was dit moeilik om my onderwerp met die tema van die week te pas.. Ek moes soms lank en hard dink oor wat ek wou sê, soos by voorbeeld met die instruksies. Dit was die moeilikste van al want ek het glad nie geweet wat om oor te skryf nie! Ek het ook soms vergeet dat ek my “blog” moet laai maar gelukkig het ek alles in tyd in gekry.

Dit was baie pret om die blog aan die gang te kry. Ek het dit baie geniet om van al die verskillende  ontwerpe te kies. Ek het problem gehad met die font van my skryfstukke na ek die eerte een gelaai het maar ek hoop dit tel nie te veel teen my nie.

Op die ou einde het ek dit begin geniet maar ek twyfel dat ek aan sal gaan na hierdie laaste skrufstuk gelaai is. Die “blog” was pret en dit het beslis my Afrikaans verbeter. Ek hoop dat my stories interessant vir juffrou was en dat u dit darem geniet het.

Liefde, Aqeela

J

1 comment: